Mediavrystelling: Kwêla, Woensdag 13 Julie 2011, kykNET 19:30, Program 574
Andrew Kiewiets (91) van Delft het onlangs ‘n sertifikaat
in rekenaargeletterheid ontvang en hy het sommer groot planne. Dié man wie se
hande vir niks verkeerd staan nie, wil nou sy portretraam-onderneming op die
internet bemark. Andrew erken dit was nogal ‘n gesukkel om die rekenaarmuis te
bemeester. Volgende wil hy Xhosa leer en reken as ‘n mens ophou leer, kan jy
net sowel doodgaan. Lise het by die leergierige Andrew ontmoet.